Description
Wyle oom Attie van Oom Attie se Slaaptydstories, was so lief vir kinders dat die kinders hom ook lief het. Hy was op sy gelukkigste as hy omring was deur kinders, wat net nie genoeg kon kry van die slaaptydstories wat hy so een na die ander kon vertel het nie.
Die boeke bevat elk ‘n hele paar slaaptydstories vir kinders met karakterbouende lesse en is oor heelwat jare vir heelwat kindertjies gelees in die Afrikaanse kultuur, asook reg oor die wêreld.


















