Description
In Omvattende Vrouegesondheidsgids bespreek dr. Linda Friedland gesondheidsake wat elke fase van ‘n vrou se lewe raak, eenvoudig en verstaanbaar. Sy fokus op onderwerpe soos:
- verskillende lewensfases
- hormonale gesondheid – voorbehoedkeuses, swangeskap, menopuse en HVT
- die belangrikste gesondheidsgevare – hartsiektes, kanker, depressie en diabetes
- algemene mediese toestande – allergiee, nierprobleme, oorgewig en skildklierprobleme
- teenverouderingstrategiee
- plastiese chirurgie
- gereelde ondersoeke en prosedures
- vrae aan jou dokter
Omvattende vrouegesondheidsgids is bowenal ‘n boek oor die voorkoming van siektes en hoe om ingeligte lewenstylkeuses te maak wat jou blakend gesond, vol lewenskrag en jonk sal hou.











