Na jare haal Simone se groot geheim haar in. Al die leuens, al die voorgee. Sy wil haar dogter beskerm. Die einste kind wat vir haar man soek, wat hoop haar enkelma en haar gunstelingonderwyser, James Laurens, kom by mekaar uit.
Maar Simone weet nie hoe dit voel om werklik liefgehe te word nie, wat dit beteken as ‘n man vir jou omgee nie.
Dis wat James doen. Maar na agttien jaar moet sy haar geheim bly beskerm. Haar kind beskerm. Ten koste van haarself. Sy wil James ook he. Bitter graag. Maar haar emosionele bagasie is te swaar. En ‘n man se liefde kan sy nie hanteer nie.