Dit kan nie slegter gaan met Christof nie. Sy geld is op, hy moet heeltyd swot, hy’t nooit tyd vir jol nie, hy’t ‘n klomp punte verloor omdat hy ‘n taak laat ingehandig het, en sy meisie van sy drome kuier knaend by Johan wat oorkant hom in die studentehuis bly.
Om alles te kroon, moet hy ‘n week lank omsien na sy plattelandse oom wat stad toe kom vir ‘n konferensie en allergies is vir seekos.
Christof sou nooit kon raai wat sy oom Waldo se besoek alles vir hom sou inhou nie. Sy saai studentelewe word eensklaps onderstebo gekeer, hy kry dit reg om met Liesl te praat sonder om te hakkel en hy sorg vir ‘n paar koeelgate in sy pel Kitaarsnaar se kombi.
En te danke aan oom Waldo en sy teepot, ontdek Christof waarom Liesl so gereeld by Johan kuier.