Description
Die spesiaal uitgesoekte spogresepte van Leserskring se topkokke sal ’n onmisbare plek op jou kombuisrak verower. Hierdie pragbundel bevat meer as 100 resepte – van geurige soppe en varsgebakte brode tot interessante voorgeregte, watertand hoofgeregte en nageregte vir die soettand.
Die resepte is ’n mengsel van ou bekendes met ’n vars draai, sowel as splinternuwe idees wat jou kreatiwiteit in die kombuis sal aanwakker. Met pragtige volkleurfoto’s, kosstories van families oorgedra van geslag tot geslag, en deeglik beproefde instruksies, is hierdie boek geskik vir alle geleenthede en ’n must-have vir enige kosliefhebber.
Hoogtepunte:
- Meer as 100 deeglik beproefde resepte
- Volkleurfoto’s van elke gereg
- Tradisionele en nuwe idees in een bundel
- Kosstories van geslag tot geslag









