SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Hoe agterstevoor is ek nie altyd nie – in die stad kry die mense nie klaar gepraat oor die nuwe millennium nie, en hier kom plant ek myself dekades ver terug. Gebeure van 1983 wag om op die Namakwalandse dorpie Klipgooi herleef te word – ‘n tyd toe
P.W. nog vir die wereld vinger gewys het
Prinses Di so mooi maer geword het
Naas na die Dallas Cowboys oorgeloop het
swart en bruin mense nie noodwendig so genoem is nie.
En ek kan die stemme hoor, die van al daardie mense wat ‘n deel gehad het in wat gebeur het … so duidelik soos toe, so duidelik asof ‘n radio langs my kop staangemaak is. En soos my herinneringe die regte frekwensie soek, roep een stem ‘n ander op, weerspreek een mens se mening ‘n ander s’n.14 karakters praat so reguit soos ‘n mens van ek-vertellers kan verwag, maar wat jy selde teenkom. Hulle vul mekaar aan, vertel elk ‘n eie waarheid en vlek tergende geheime oop, om een storie te vorm: wat presies daardie drie dae op Klipgooi gebeur het.
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack