In Kaalvoetjare deur FW Marx vertel die boek die belewenis van ‘n seun – die middelste van dertien broers en susters – en sy mense, gedurende die dertigerjare, op Humansdorp en sy tradisieryke omgewing.
Elkeen van die sestien hoofstukke beskryf verskillende gebeure wat oploop tot ‘n hoogtepunt, met ‘n interessante ontknoping.
Dit vertel van mense, gebeurtenisse, lekkerkry en swaarkry, verhoudings en konfrontasie, en van ‘n verskeidenheid omgewings waar alles afgespeel het en wat onbewustelik die seun se grootword jare beïnvloed het: gesinslede, familielede, onderwysers, plaaswerkers, roeibootvissermanne, en vele ander: op ‘n smalspoortreintjie, ‘n ossewa, ‘n veerwa en perdekar. Op sy tuisdorp by hul eie huis, by ander huise en plekke, en by die skool; op Jeffreysbaai se branderryke en skulpoorlaaide strand; op plase in die distrik: by die plaashuise, by ‘n stroois, maar meestal buite in die natuur.
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.