Description
Met sy kar en vier donkies maak Jan Leendert op ‘n dag sy opwagting by Pieter-hulle op die plaas. Hy kom bedel nie sommer ‘n los werkie nie, maar bied sy dienste as skaapwagter aan met ‘n parmantige ‘ek vat g’n nonsies nie’ – ‘n uitlating wat tot almal se verbasing nie Pieter se vurige pa se toorn laat ontvlam nie.


















