Description
Na die dood van haar ontroue Amerikaanse man en haar enigste kind in ‘n motorongeluk keer Patsy Smith terug na haar geboorteland. Pas nadat sy in Suid-Afrika aangekom het, tref sy in die ruskamer op die lughawe ‘n babadogtertjie aan wat deur haar terminaal siek ma daar gelaat is in die hoop dat iemand haar sal neem.
Patsy wat nie meer kinders kan he nie, swig voor die versoeking en gee selfs aan haar beste vriendin, Josy Brand, voor dat die kind haar eie is. By Josy ontmoet Patsy die aantreklike Jurie Barnard en hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar. Maar die onaangename, besitlike Val Jooste is nie van plan om haar kloutjies aan Jurie te onttrek nie.
Toe daar ‘n ongure karakter met wie Patsy in Amerika ‘n nare ondervinding gehad het, op die toneel verskyn, gryp Val haar kans aan. Veral toe sy by hom die waarheid oor Patsy se baba hoor …










