Description
Geniet Jou Omkapmasjien deur Alma Schwabe verskaf allerhande antwoorde op jou vrae. Dit is ‘n boek vir elkeen wat dié masjien wil aanskaf of wat pas een gekoop het en nie die tyd of die kans het om lesse by te woon nie.
Dit beantwoord vrae soos:
- Hoe verskil ‘n omkapmasjien van ‘n naaimasjien?
- Wat kan ‘n omkapmasjien alles doen?
- Hoe werk die omkapmasjien?
- Watter omkapmasjien is die beste?
Dit bevat inligting, raad en wenke oor:
- die verskillende steke en waar om hulle te gebruik
- gares
- materiale
- stiktegnieke
- spanning
- onderdele en instandhouding
Geniet Jou Omkapmasjien kan by alle fabrikate en modelle gebruik word en is onontbeerlik vir elke naaldwerkster wat dié masjien ten volle wil benut.
























