In Dowe Gode ondersoek Kaptein Auella O’Malley ‘n plaasmoord waarin twee van haar vriende wreed vermoor is. Tydens haar ondersoek, word syself ‘n slagoffer toe sy geskiet word. Sy besef ook dat dit nie ‘n “gewone plaasmoord” is nie, dinge klop net eenvoudig nie. Van die verdagtes in die moordsaak pleeg of selfmoord of hulle word vermoor. Die moordenaar is nie wie sy verwag het dit sou wees.