Description
Dokter Draak deur Rykie Roux is ’n Afrikaanse liefdesverhaal waarin ’n ongeluk twee jong mediese studente se lewens onherroeplik verander. Livia Naudé is aangetrokke tot haar broer Ben se beste vriend, Anton Duvel, ’n donker en broeiende teenpool van Ben se vrolike geaardheid. Anton en Ben is pas gekwalifiseerde mediese studente wanneer ’n ongeluk alles op sy kop keer.
Vier jaar later kruis Livia en Anton se paaie weer in die trauma-eenheid van ’n Pretoriase hospitaal. Die sorgvrye mediese student wat sy eens geken het, het intussen ’n ongenaakbare dokter geword wat die bynaam Dokter Draak dra. Wat het in die jare sedert die ongeluk gebeur, en kan Livia nog deur die harde buitekant sien?










