Description
Met die verskyning van Dis ek, Anna destyds in 2004, het die nong meisie Anna diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip. Nou, jare later, vind ons eindelik uit wat van Anna geword het…
Wat het met Anna gebeur die oomblik na sy die sneller getrek het? Na sy haar stiefpa wat haar soveel jare lank fisies en emosioneel verrinneweer het, vroeg een oggend in Bloemfontein in die oë gekyk, en toe geskiet het?
In die roman neem Anchien Troskie weer haar pen op as Elbie Lotter, en skryf die opvolg. Hoe vra ‘n mens vergifnis, en wanneer mag jy wraak neem? Dit is die vrae waarmee Anna – en ook die skrywer – worstel…
‘n Skreiend eerlike roman oor Anna Bruwer se lewe na die moord op haar stiefpa – ‘n boek gevul met deernis, en eindelik ook hoop.












