Description
Karina Oosthuizen, is ’n gesogte topmodel wat ná ’n grusame motorongeluk blind en verlam gelaat word. Haar glansryke lewe stort in duie, en sy is skielik afhanklik van haar gepensioneerde moeder—’n verhouding wat al jare lank onder spanning is.
In haar diepste nood bied De Waal Venter, ’n man wat sy as kind verneder het, onverwags ’n toevlug in ’n pragtige wit huis by die see, perfek ingerig vir iemand in ’n rolstoel. Die roman ontbloot Karina se innerlike stryd: kan sy haar trots opsy sit en die hulp aanvaar? En kan daar dalk iets meer tussen haar en De Waal ontwikkel?









