Description
Namakwaland is bekend vir sy blomme, maar dit het een kenmerk wat selfs meer kleurryk is: sy mense.
Die lang pad terug is ‘n keur van staaltjies, vertellings en verhale (‘storietjies’ noem hy hulle) deur Springbok se bobaasstorieverteller, Arno van Zyl. Die stories is nie net skreeusnaaks nie, maar kostelik en lewensgetrou. Dit handel oor mense, die meeste daarvan Namakwalanders, se alledaagse doen en late – op die plaas, in die dorp, by die kerk, op die skoolbanke en selfs in die hof. Van die hemelhings-dominee tot die hakkelende Dirk leer die leser baie van die mense van nader ken.
Die lang pad terug bied ‘n stewige dosis lekkerlag-medisyne wat ‘n mens opnuut waardering laat kry vir Suid-Afrika, maar veral vir Namakwaland en sy unieke mense.












