You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Die hemelbodes deur Jaco Thom is ‘n roman oor engele in diens van God en die mens.
Die boek vertel die verhaal van die wêreld, van die skepping tot met die wederkoms, gesien vanuit die perspektief van die engele.
Hoekom heers daar onenigheid in die hemel? En hoekom word die mooie Eva deur ‘n slang verlei? Wat op aarde besiel Abel en Kain? En Jakob en Esau? En wie wás dit wat met Samuel gepraat het? Van wanneer af kan ‘n donkie praat? En waarom sterf ‘n onskuldige Man ‘n gruweldood aan ‘n houtkruis?
Vra maar vir die hemelbodes… vir Migael en Gabriël, Rafael en Uriël. En vir Lucifer wat die mooiste musiek in die hemel kon maak…