You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ‘n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ‘n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ‘n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in ‘n diep koma. Hy bevind homself binne-in ‘n avontuur, nagmerrie, ‘n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realiteit beweeg hy tussen plekke en ontmoet verskeie karakters – elk met sy of haar eie storie.