Description
Die Dorp Potensiaal deur Koos van der Merwe is ’n allegoriese verhaal wat lesers uitdaag om hul gemaksones te verlaat en hul ware, Godgegewe potensiaal te ontgin. In hierdie unieke fabelagtige vertelling neem Die Vreemde Een ons op ’n simboliese reis van kleur en hoop, oor die Berg Moontlikheid en teen die Draak Middelmatigheid. ’n Inspirerende leeservaring vol geloof, humor en geestelike insig.




















