Description
Die Dokter as Vennoot is ‘n versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde. Van 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se mediese vrae in Huisgenoot beantwoord.
Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in alledaagse Afrikaans verduidelik.






















