Description
About
From the Gelofteland Organisation website:
“Dit sou onrealisties wees om te verwag dat die Afrikaanse Gesangboek van 1944 bo alle kritiek verhewe sou wees. Van die begin is daarop gewys dat sekere rubrieke, onder andere Kersfees en Pinkster, skraal verteenwoordig is. Ook is bevind dat onder die nuwe musiek in die bundel daar ‘n aantal melodieë is wat die erediens nie waardig is nie. Ook sou die snelle ontwikkeling van die Afrikaanse taal uitdrukkings en segswyses in die boek gou laat verander. Vandaar die hersiene Gesangboek wat in 1978 verskyn het.
Wat die Gesange betref, het hierdie hersiening uiteindelik ook ‘n aansienlik uitbreiding en verryking gebring.”























