Maryn Euvrard kom na die skielike afsterwe van haar suster voor ‘n enorme krisis te staan. Moet sy voorgee sy is haar buite-egtelike susterskind se ma, of moet sy die gesiene Bolandse Bouvier-familie die waarheid vertel en die risiko loop dat hulle klein Barry van haar af sal wegvat?