Description
Sedert die tweede uitgawe van Boedels: Beplanning en Bereddering in 1991 verskyn het was daar talle wetswysigings wat elkeen in ‘n meerdere of mindere mate daartoe bygedra het dat ‘n derde hersiende uitgawe noodsaaklik geword het. Die belangrikste wysigings het betrekking op die erfreg – beide testamentêre- en intestate erfreg – asook op die terreine van boedelbelasting, boedelbereddering en lewensversekering.
Alle hoofstukke is deeglik hersien. Veral die onderwerpe wat in hoofstukke 3 tot 6 toegelig word (testamentêre erfreg, versekering, huweliksgoederereg en boedelbeplanning) verskyn in ‘n totaal nuwe gedaante.














