Die Formidabele Ling Ho — Johan Kruger

🌴 Seller currently on holiday until 20/10/2026. Purchases are temporarily disabled.

R90,00

Estimated delivery: 2–9 business days
🚚
FREE DELIVERY from this seller on orders over R1,000

Toestand : Goed.
Eerste druk, Umuzi, 2016, Sagteband – Roman – 241 pp. ISBN 9781415201756.

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why shop on Bookle?
  • R0 buyer fees — Buyer protection + card fees covered
  • One order, one shipping fee — Bundle books, same seller
  • Shipping from R79 — No added fees

Description

Die Formidabele Ling Ho deur Johan Kruger vertel die avonture van Willem Landman, ’n kansvatter van formaat wat homself omskep in Ling Ho, opperste towenaar en showman. Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur ’n karavaan, gevolg deur ’n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.

Dit is hier waar die klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring die gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense. Tussen Evie en Willem is daar ’n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.

Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaase werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos ’n welkome bui reen oor ’n dor stuk platteland. Lesers van alle ouderdomme wat van humor, verwondering en ’n tikkie plattelandse absurditeit hou, sal hierdie roman geniet.

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.