Description
Dis toe sy besig is om uit die water te klim, haar oe nog toe, dat sy voel hoe sy skielik uit die water gelig word. Die donderende lawaai van die waterval demp haar vreesbevange gil. Sy voel die kragtige arms, die warmte van sy kaal bors teen haar nat wang.
Silwervalk druk haar teen hom vas. Sy hart klop vinning. Hy is woedend … dan is hy verlig dat sy ongedeerd is. Stadig raak hy bewus van haar nat, koue, naakte liggaam teen syne. Sy een arm vou om haar slanke middel, en met sy ander hand trek hy haar kop agteroor. Hy sien die onverbloemde vrees in haar swart oe en druk sy lippe met ‘n kreun teen haar voorkop vas.
Brendt McCoy gaan met voorbedagte rade na die Cherokee-Indianestam. Hy raak verlief op die lieflike Maanstraal, maar sal die Indiane hom aanvaar? Hy is immers van gemengde bloed …








