Description
Lisa lewe ‘n leuen; haar geheim is so dieps weggebere dat sy dit nie kan opdiep om haar huwelik te red nie. Sy beland blind van die pyn in ‘n onstuimige see, en Leo Weiland red haar.
Maar Leo het sy eie hartseer. As prokureur raak Lisa by ‘n kriminele saak betrokke waarin Leo sy vrou tot elke prys beskerm. Mettertyd ontrafel sy Gabriella, ‘n vurige, talentvolle kunstenaar, se verlede vol leuens en geheime. Moet sy Leo vertel? Hoe gaan hy reageer as dit aan die lig kom? En moet Lisa hom beskerm?
Lisa en Leo se aangetrokkenheid tot mekaar groei. Empatie en beskerming soos syne ken sy nie. Maar Leo is nog getroud …










