Description
Dit is ‘n voorreg om die Bybel in jou eie taal te lees. Dit bly egter jou eie keuse om te besluit watter vertaling vir jou die beste is. Die Ou Testament was oorspronklik in Hebreeus en bietjie Aramees geskryf, die Nuwe Testament was hoofsaaklik in Grieks. Vertalings verskil van mekaar en in Waarom Soveel Bybel-Vertalings word verduidelik wat die redes is. Vertalers gebruik elk hul eie benaderings en prosedures. Hoe word die geloofwaardigheid van elke antieke geskrif bepaal? Hier kan jy ‘n ingeligte besluit neem.














