Description
Oor ‘n Motorfiets, ‘n Zombiefliek En Lang Getalle vertel van Hoender, wie se naam eintlik Martin is. Martin se pa is skielik oorlede in ‘n motorongeluk en sy hele lewe verander. Hy ontmoet hulle bure se seun Drikus, wat ‘n zombiefliek wil maak. Maar Drikus is eintlik baie siek. Martin se ma kom na sy pa se dood ook nooit meer uit die huis uit nie. En daar is regtig hoenders. En Martin het ‘n voorliefde vir getalle.













