Description
Ou skedonkie tref die blinknuwe, wit Mercedes met ‘n lelike geluid. Nog ontstellender is egter die vent met die poniestert en oorring wat woedend uit die duur motor klim: hy lyk net soos haar verloofde wat saam met die vrou wat sy baba verwag weggeloop het…
Jadri Brink, ‘n briljante violis, is op besoek aan haar geboorteland om ‘n paar konsete te hou. Sy het so gehoop dat haar verblyf in haar geliefde Suid-Afrika salwing vir haar siel sou bring, maar die pyn bly haar by in die gestalte van Johannes Verster, die mooi seun uit haar kleintyd wat op ‘n druppel water na die bedrieer van ‘n John McCartney lyk. Hoe meer sy Johannes probeer vermy, hoe meer kruis hulle paadjies. Dat hy verloof is en dat sy besluit het die Springbok-vleuel Tjaart Wessels is die ideale, betroubare boerseun vir haar, is alles behalwe ‘n troos die dag toe sy haar gevoelens vierkant in die oe moet kyk.








