Description
Vir ‘n jong meisie soos Ansie Groenewald was dit moeilik om heeltemal verlam in die hospitaal te wees, want sy was ‘n kind van die veld: aktief lief om te loop en te hardloop waar en wanneer sy wou. En nou het sy in die hospitaal gele as gevolg van ‘n skietvoorval: geheel en al van ander afhanklik.
Haar enigste hoop was die jong dokter Steven O’ Hara, knap ortopediese chirurg, wat moontlik haar vergruisde nekwerwels weer in so ‘n mate sou kon herstel dat sy nie meer aan ‘n bed gekluister hoef te wees nie. Hy het die sleutel tot die res haar lewe in sy hande gehou: hy was haar venster na die hemel – ‘n hemel waar sy weer vry sou wees.
Maar Steven O’ Hara was ook maar net ‘n mens: ‘n mens met sy eie vertwyfelinge, ‘n mens wat sy eie beperkinge byna te goed geken het. Ansie was so vol vertroue dat hy haar sou kon help, hy het gewens dat hy daardie vertroue kon deel…









