Description
Skaakmat vir hom neem die leser na die glansryke wêreld van Monaco tydens die beroemde Grand Prix. Lavànda sien haarself as die gelukkigste vrou op aarde omdat sy saam met haar kêrel, Roland Renin, dié eksklusiewe ervaring kan beleef. Maar die luukse atmosfeer en die opwinding van die wedrenne verander skielik wanneer sy onverwags in aanraking kom met Zanzé Ruveix, die raaiselagtige en onweerstaanbare man wat sy tot dusver net uit die media geken het.












