Description
Omnibus 28 sluit die volgende verhale in.
Tromme van Onheil: Meer as een slang is in die gras vir Anka wanneer sy navorsing doen oor primitiewe kannibaalstamme in die oerwoud van Papa-Nieu-Guinee.
Die Wit Koningin: Alice vlug uit Engeland na Noord-Afrika wanneer sy deur haar man, lord Wycliffe, beroof word van haar erfporsie. Sy word dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Die verhaal is gegrond op ware lewensfeite van lady Alice Wycliffe.
Sluiers van Wierook: Ida Herbst word vasgevang in ‘n lewensgevaarlike web in ‘n woestyn in Saoedi-Arabië. Haar vriendin word ontvoer na ‘n harem van ‘n Arabiese prins en Ida wil haar red.














