Description
Ek soek na my Dina speel af tydens die Anglo-Boereoorlog. Ná die val van Bloemfontein en Pretoria verwag die O’Neills van Groenkloof en die Coetzers van Buffelspoort dat die oorlog nou na hulle plase in die Lydenburg omgewing sal uitbrei. Tom O’Neill en Wikus Coetzer was in hulle jongdae boesemvriende, maar raak op dieselfde meisie verlief en word dan vyande. Op sy sterfbed laat Tom O’Neill egter sy enigste dogter Dina in die sorg van Wikus Coetzer. Dina het egter geleer om van jongs af die Coetzers te haat. Toe Wikus Coetzer en sy seun Philip kom om vir Dina van Groenkloof af na Buffelspoort te neem, lê sy hulle met haar oorlede vader se Mauser en inwag. Hierna spat die vonke behoorlik tussen Philip en Dina. – Wikipedia













