Description
Siembamba deur Madelein Rust is ’n Afrikaanse naelbyt-riller vol spanning, geweld en onvoorspelbare intriges.
Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is albei swanger met hul eersteling. Ná ’n onaangename voorval tydens haar ooievaarstee besluit Mindie om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra haar baba gebore is. Maar enkele dae later ontdek sy ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. ’n Swanger vrou en haar ongebore baba is wreedaardig aangeval, en Mindie word gekonfronteer met ontstellende vrae: Wie is tot so iets in staat, en wat is die rede agter die geweld? ’n Donker verhaal ontvou waarin die waarheid agter die aanval allesbehalwe voor die hand liggend is.























