Description
In Die Blou Kamp: Facebook-Stories deur Dana Snyman is ’n versameling aangrypende, humoristiese en dikwels verrassende verhale oor gewone mense en hul lewens in Suid-Afrika.
Dana reis deur die land en vertel van die mense wat hy langs die pad ontmoet: trokdrywers, donkie-eienaars, ’n vrou wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping en selfs oom Pik Botha. Sy stories raak aan die hart, laat ’n mens soms lag en soms met ’n knop in die keel sit. Die meeste van die verhale het oorspronklik op Facebook verskyn, waar dit groot reaksie ontlok het, en is vir hierdie boek verwerk. Dit is ’n unieke blik op Suid-Afrikaanse mense, hul ervarings en die klein oomblikke wat die lewe besonders maak.































