Omdat Ek En Jy Omnibus — Elsa Winckler

R148,00

Estimated delivery: 2–9 business days
🚚
FREE DELIVERY from this seller on orders over R1,000

1 in stock

Toestand : Soos nuut.
Eerste druk, Protea Boekhuis, 2024, Sagteband – Roman – 376pp. ISBN 9781485315544.

Book Condition: Like New
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why shop on Bookle?
  • R0 buyer fees — Buyer protection + card fees covered
  • One order, one shipping fee — Bundle books, same seller
  • Shipping from R79 — No added fees

Description

Omdat Ek En Jy Omnibus is ’n versameling van drie van Elsa Winckler, wat al vier keer die ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen het, se gewildste liefdesverhale wat voorheen afsonderlik verskyn het.

In Omdat jy jy is is dit Kathleen se beurt om ’n maand lank in haar oorlede tante Peet se huis op Greyton te gaan woon voordat sy haar erfporsie kan ontvang. Sy het egter nie gereken op die aantreklike sakekonsultant Steyn Erasmus wat die kothuis agter die huis huur nie. In Omdat jy my liefhet trek Livie na Greyton, waar sy telkens op Bart Coetzee moet staatmaak wanneer dinge skeefloop. Bart probeer ná ’n traumatiese gebeurtenis van vier jaar tevore ’n stil lewe lei en enige verdere komplikasies vermy.

In Omdat ons saam is is Bella, die jongste van die drie susters, aan die beurt. Haar liefde vir skilderkuns is deur ’n vorige verhouding onderdruk, terwyl die apteker Wian vasbeslote is om nie weer die verantwoordelikheid van ’n gesin op hom te neem nie. Met hulp van Wian se broer kry Bella haar kuns weer op dreef, maar wanneer haar eks Leo terugkeer, word haar en Wian se groeiende verhouding ernstig op die proef gestel.

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.