Omnibus 9 – Sarah Du Pisanie

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format           :       Paperback/Sagteband
Book Condition      :        Like New
No. of pages            :         492
ISBN Code              :         978-0-624-06812-9
Barcode                   :         9780624068129
Publisher & Date   :         Jasmyn in 2005

Book Condition: Like New
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 9 met drie lekkerlees-liefdesverhale

Katrientjie (1986): Om kop bo water te hou in die wurggreep van die droogte en onder die skaduwee van bek-en-klouseer, het Katrientjie Viljoen net een uitweg. Daar is ‘n koper in Windhoek vir die Viljoens se beeste, maar die eienaar moet self die beeste tot daar aanjaag. Oupa Faan en ouma Stien is te oud – dus het sy geen keuse nie. Aan die stories van die bende rowers wat die trekke uit die noorde voorlê steur sy haar min. Totdat sy ontvoer word en een van die rowers haar aanhou. Maar haar enigste wapen is juis die feit dat sy ‘n vrou is. Sy sal net eenvoudig moet baklei – al moet sy ook van haar trots en selfrespek daarvoor inboet. Want om haar oupa se beeste veilig terug te kry, is al waarvoor sy nou nog leef.

Die baron van Rauenshof (1991): Wanneer jou enigste suster wegkwyn onder ‘n longkwaal wat net ten duurste in Switserland behandel kan word, bestaan die woord trots nie meer nie. Heidi Kessler stuur ‘n pleitbrief om geldelike hulp aan Maria se bloubloed-skoonfamilie in Duitsland. Want as haar suster nie dringend behandeling kry nie, gaan daar drie Von Rauenstein-wesies agterbly … Baron Oscar sal help, mits Maria se oudste seun in Duitsland aanbly as volwaardige erfgenaam van die Rauenshof-baronskap. Dis tog ondenkbaar dat ‘n Von Rauenstein nie seuns het nie! Heidi aanvaar sy voorwaarde, sonder om hom oor die geslag van sy erfgename in te lig …

Die kralebruid (1989): Waarom moes Gerrit van Reenen se paaie tydens sy verkenningstog deur die Namib juis met die witkop tussen die nomadiese Ounistam s’n gekruis het? Hoekom het die verplooide Ma-Nina haar wit aanneemkind, geskenk van die “gode” uit die skoot van die see, nie liewer vir sy neef, Pieter gegee nie? En hoe moes Gerrit ook besef dat hy nou, volgens die Ouni se gebruik, met Isa getroud is? Want hy het Ma-Nina ‘n handvol krale, by gebrek aan bokke, in ruil vir die woestynkind gegee – met die opregte voorneme om haar terug te neem na die beskawing, die Kaap de Goede Hoop. Maar die hart se paaie loop soms juis deur ‘n woestyn …

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.