Omnibus 4 – Louisa Du Toit

R140,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format           :         Paperback/Sagteband
Book Condition      :         Good
No. of pages             :         512
ISBN Code               :         978-0-624-04870-1
Barcode                    :         9780624048701
Publisher & Date     :        Jasmyn in 2010

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 4 sluit vier pragtige liefdesverhale in deur ons boeiende skryfster, Louisa du Toit (Engela Linde)

Agter toe vensters (1980): Wanneer Mart Burke, predikantsvrou en moeder van die aantreklike Nico, na Erika Fink se mense verwys, weet Erika nie of sy moet lag of huil nie. Daar is Joop, haar pa, altyd besig om aan sy ou krokmotor in die agterplaas te werk. Daar is haar stiefma, Sally, halfpad simpel. Dan is daar nog, saamgekoek in die agterplaas, Sally se sedelose suster, Freckles, haar onnosel broer, Dolf, wat dink Erika soek sy lyf, en die twee oumense wat op die kinders teer. een wil en dank word die Burkes betrek by die Finks se ellende. Menslike lewe en strewe word vervleg met humor en satire wat soms aan die tragiese raak.

Die wakende droom (1992): Nelia Lingeveldt verloor haar moeder in dieselfde ongeluk waarin haar tant Bettie en nig Kotie ernstig beseer word. Omdat sy die motor bestuur het, voel Nelia verantwoordelik vir die versorging van die twee vroue. Dit lê byna ondraaglike laste op haar skouers. Sy moet haar studie prysgee en gaan werk. Sy het nooit vrye tyd nie, en haar verhouding met Rudie Kirstein ly erg daaronder. Om als te kroon moet sy ander huisvesting soek. Sy huil by die kantoor op die skouer van Peet – goeie, dierbare Peet, wat haar so graag wil hê. Dryer Malan, haar temperamentele baas, bied aan dat sy die woonstel agter sy huis kan huur. Dis duidelik dat hy ‘n gevoel vir haar ontwikkel. Tussen haar twee sorgelinge en die drie mans wat om haar liefde wedywer, voel dit soms of sy wil knak. Iets móét gebeur. Dan gebeur daar wel iets …

Die gras sal weer groei (1992): Nadat sy die magnetiese dokter Bertho Rode in sy spreekkamer ontmoet het, wonder Wilma Eksteen of sy moet voortgaan met haar en Chris Besselaar se huwelik. Alle reëlings is gefinaliseer en sy en Chris is versot op mekaar. Dr. Rode suggereer egter dat sy iets onder lede het, dat iemand haar dalk probeer vergiftig. Sy weet nie meer wie of wat om te glo nie. Sy tree vreemd op en voel siek en uiteindelik beland Wilma in ‘n warnet vreemde gebeure wat haar byna van haar voete af slaan, letterlik en figuurlik. Eers dan breek die lig deur.

Dwaallig vir sterre (1994): Rykmansdogter Vicky Bakker laai vir Frans Tolmé by Sederpunt-stasie op. Sy stiefpa is die nuwe plaasvoorman op Inasdeel. Vicky behandel hom so uit die hoogte dat hy haar uit die staanspoor verpes – soveel te meer toe hy die haglike huisie op die spruitwal sien waarin haar pa sy ouers laat woon. Hy klem hom vas aan die vriendskap met Marietjie Terbeek, vir wie hy deur briefwisseling leer ken het. Frans en Marietjie se verhouding groei vinnig maar Vicky maak sy lewe hel. Is Vicky ‘n vlam wat hom kan vernietig, terwyl Martietjie vir hom dalk ‘n bron van rus is? Wat is dwaallig, en wat is sterre?

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.