Omnibus 2 – Ena Murray

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format  :  Paperback
Book Condition  :  Very good
No. of pages  :  468
ISBN Code  :  0-624-04220-0
Barcode  :  9780624042204
Publisher & Date  :  Jasmyn in 2004

Book Condition: Very Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 2:   Drie liefdesverhale uit die pen van een van die mees geleesde skrywers in Afrikaans, ingesluit met ‘n nawoord van die skrywer.

Vrou uit die nag (1973): Saailaagte, ‘n stille stofdorpie op die vlaktes van die Vrystaat… totdat die aankoms van die vrou uit die nag die skindertonge laat gons. Naomi Louw glo in niks, voel niks … wil net vlug en vergeet. Maar geen mens is ‘n eiland nie. En die warrelwinde in haar siel kry die spore van die predikant en sy parmantige dogter, Betsie, nie uitgewis nie.

Skynglans van die maan (1973): Elke vessel in Deidre Retief se liggaam is toegespits op die hoë, suiwer noot. Die orkes bars los met die slotakkoord. Dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel. Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lwe al die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt in ‘n mosaïek van sin en liefde?

Ontsluit die grendels (1974): Watter toekoms wag op ‘n tronkvoël wat ná twee lange jare uit die kou mag vlieg? Belinda Bekker se paadjie is egter uitgekap. Sy sal antwoord op die advertensie vir ‘n babawater, geskryf deur ene regter Cladius van Biljon – dié regter wat haar as medepligtige in ‘n dwelmsaak gevonnis het. Al was sy onskuldig. Maar lank voordat klein Mandatjie ontvoer word, besef Belinda dat liefde altyd ‘n vrou se wraakplanne laat boomerang.

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.