Description
Iets gryp my hart vas terwyl ek stadig van die een vertrek na die ander loop. Dit lyk asof ‘n stormwind die plek getref het. Stoele is omgedop en hul voerings losgetrek, beddens is omgekeer en matrasse oopgesny.
Toe ek die deur oopstoot, sien ek haar in die bad le. Haar gesig is vol bloed. Sy le met haar kop weg van my af …









