Description
‘n Gelyke Kans deur Jeanne Goosen is ‘n bundel kortverhale en kabarettekste met ‘n opmerklike verskeidenheid waarin die realistiese, erotiese en die groteske mekaar afwissel. Die verhale kan dan as sosiale kommentaar dan weer as sprokies gelees word. Gebeure is enersyds ingebed in ‘n Afrikaanse wêreld, andersyds laat dit hierdie wêreld agter…





















