Vanaf die eerste oomblik wat Thalita Malan en Van Zyl Joubert se paaie kruis, maak talle misverstande die lewe vir hulle baie moeilik. Hy glo sy is deur sy ma as moontlike skoondogter “geplant” en dus besig met ‘n speletjie, en Thalita meen weer dat hy hulpbehoewend, onbeskof en uiters verwaand is.