Description
Vyf en twintig jaar nadat Isabella haar buite-egtelike seun laat aanneem het, staan sy weer van aangesig tot aangesig voor hom. Dit is hy, weet sy voor sy hoor wat sy naam is, want hy is ‘n sprekende beeld van sy pa. Maar weer vou die noodlot sy koue hand oor haar hart.
Want Juan, haar seun se pa, is ook in hierdie kusdorpie en hy is nie alleen nie. Meer, hy weet nie eens hy het ooit ‘n seun gehad nie.
En terwyl hierdie mense hulle saam hier bevind, stuur liefde hulle al drie op ‘n pad wat rampspoedig kan eindig. As sy net betyds kon praat …











