Description
‘n Werkende vrou se lewe word oorheers deur die uiteenlopende eise wat aan haar gestel word: haar betrekking, gesin en ander verpligtings vra almal tegelyk haar volle aandag. Daaglikse druk tap haar eniergie.Skuldgevoelens oor wat sy ongedaan gelaat het, keil haar op. Haar lewe verval maklik in chaos.
Maar dit is glad nie nodig nie. Dit is baie maklik om ‘n lewenswyse te ontwikkel wat haar help om –
- doelwitte te bepaal
- besluite te neem
- doeltreffendheid te verhoog
- sukses in haar loopbaan te smaak, en
- sorg aan haarself en haar verhoudings te bestee







