Description
Tersia Venter het nog altyd net die ligkant van die lewe geken, sy is pragtig, gewild en talentvol en het grootgeword in ‘n welgestelde, liefdevolle gesin. En sy het nog altyd haar sin in die lewe gekry …Toe haar pad dus met die van die ouer en gesofistikeerde skoolhoof, Stephan Joubert, kruis, en almal haar waarsku teen romantiese betrokkenheid by hom, spoor dit haar eerder aan as om haar lig te laat loop. Sy kry immers altyd wat sy wil he en die man laat haar hart klop soos nog niemand voorheen kon nie!
Sy manipuleer hom fyntjies om saam met haar by haar moeder besoek te gaan afle – maar is heeltemal onvoorbereid op die loop van gebeure die naweek. In een oomblik word haar lewe ‘n diep donker moeras waarin sy versink, waaruit sy nie kan of wil kom nie.
In die maande na die ingrypende gebeurtenis in haar lewe leer Tersia hoe riete uit die grootste moeras kan groei, sy leer ken dierbare mense wat die koers van haar lewe help rig, oom Sarel en tant Mina du Plessis wat haar as’t ware uit die kloue van die dood red …






