You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
In Toe ons in die ghrieshuis was skryf Maretha Maartens met haar ervare skrywershand ‘n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.
Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.