Lea lief apies: Grypdiewe en gevaar – Cecilia Steyn

R89,00

Hierdie kopie is splinternuut!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MB148 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
ISBN: 9780639600796
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Lea lief apies: Grypdiewe en gevaar deur Cecilia Steyn is ‘n oulike kinderboek wat ook leersaam is.

Lea se ma is ‘n veearts en haar pa is ‘n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ‘n primaatskuiling toe om vir ‘n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ‘n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ‘n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het ‘n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het begin die bos brand…

“Oud en jonk sal ná die lees van hierdie kinderboek, gemik op kinders van 9+, baie meer weet van primate, sonder om te voel dat hulle ’n lesing agter die blad het. Die uitstekende illustrasies deur Elanie Bieldt gee boonop ’n baie goeie idee van hoe die verskillende diere lyk. Daar is drie bladsye gewy aan inligting oor primate, en waarom hulle nie as troeteldiere aangehou moet word nie.

Tussen die storielyn deur, is daar ’n les of twee verweef oor byvoorbeeld samewerking en venynigheid. Ook die baie aktuele onderwerp van brandgevaar word bygewerk, en die boek is opgedra aan die Australiërs wat in 2019 die groot brande moes blus en die diere red.” – Amanda op Goodreads

Ander titels in die reeks:
Lea lief seeskilpaaie
Lea lief honde
Lea lief uile

Vendor Information