Description
Xia van Coller het n obsessie om uit te vind wie haar vader en halfbroer, Renier, is. In haar soektog na hulle kom sy by Peru uit. Hier maak sy kennis met die vreemde wereld van die inheemse Indiaanse bewoners, leer die aantreklike Fillipe Bertram met sy mooi suster Michelle ken en beleef wedervarings wat mens in pure leesgenot gevange hou.








