You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Moeg en dors en warm, wonder Vicky skielik of dit nie beter sal wees as sy nie die waarheid uitvind oor Brent nie. Sy het die berge ingevaar saam met haar baas, Steve Goosen, vasberade om te bewys dat haar man nie skuldig was aan roof of moord nie, maar al wat sy tot dusver bewys het, is dat sy haarself nie ken nie. Dat die lewe wat sy saam met Brent geleef het, nie lewe was nie. En dat sy haar man waarskynlik nie waarlik liefgehad het nie.
Vyf jaar lank al leef Vicky in die skadu van die beweerde diamantroof en moord, en vyf jaar lank het sy haar wysgemaak dat sy niks van Steve hou nie. Waarom voel sy dan so veilig by hom? Waarom dryf hy haar tot emosies wat vir haar onbekend en vreemd is?
Ware liefde, besef Vicky uiteindelik, is liggaam en gevoel.