Description
Omnibus 1 deur Annelize Morgan bevat drie heerlike verhale.
Bruid van die Woestyn – Die dogter van ‘n Franse koopman word opgeveil deur Arabiese sjeiks, nadat hul skip oppad na die Kaap aangeval word deur seerowers en sy en vier vriendinne ontvoer word.
Woestynwind oor Jawarah – ‘n Dogtertjie van 12 word deur rowers uit die Kaap ontvoer na Arabië. Hoe gaan sy haar vryheid weer herwin en wat van haar liefde vir ‘n magtige sjeik?
Hart van die Groot Woestyn – In die Kaap lê ‘n Arabiese vrou op sterwe. Haar dogter kry haar sterwensopdrag, sy moet ‘n vloek gaan verbreek. Só vertrek sy na Arabië, waar lewensgevaar haar inwag. Gaan haar Arabiese bloed haar red?














