Description
Nombulelo en die Mot deur Susie Dineen is ’n kinderboek oor liefde, verlies en die moed om jou vrese te oorkom. Nombulelo is baie lief vir haar Gogo se stories oor die wilde diere in die digte bos naby hul huis, maar die gevaarlike diere wat sy haar verbeel, maak haar te bang om self daar in te gaan.
Wanneer Gogo sterf, moet Nombulelo haar vrees trotseer en alleen die bos binnegaan om haar ouma se laaste wense te vervul. Met die hulp van Gogo se magiese mot as gids ontdek sy dat sy sterker is as wat sy gedink het. Sy leer ook dat haar ouma se liefde en gees steeds deel van haar sal wees, al is Gogo nie meer fisies by haar nie.
’n Deernisvolle verhaal oor rou, genesing en die blywende band tussen ’n kind en haar ouma.



















